Sinkgat sluk gedenkteken by Irene konsentrasiekamp

Cilliers du Preez by die sinkgat. Foto: Suzette van Huyssteen / LookLocal Centurion

ʼn Sinkgat het Maandagoggend by die Irene Konsentrasiekampkerkhof en Tuin van Herinnering, in Pretoria, ingesak en ʼn gedenkteken het daarin geval.

“Dit moes seker deur die aand gebeur het, want dit was nie daar toe ek gister by die kampkerkhof was nie,” het Cilliers du Preez, voorsitter van die Erfenisvereniging, aan LookLocal Centurion gesê.

Du Preez skat die sinkgat omtrent 5m tot 6m wyd en sowat 10m diep. Hy het ook gesê mens kan glo ook stukkies geraamtes sien. Buiten die een gedenkteken wat ingeval het, is daar nie ander skade op die terrein aangerig nie.

Lees die volledige storie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.