Sinterklaas se Zwarte Piet in sop oor rassisme

Zwarte Piet saam met Sinterklaas, Wikipedia

Zwarte Piet saam met Sinterklaas, Wikipedia

Die Nederlandse Sinterklaas wat elke jaar van 5 tot 6 Desember uit Spanje opdaag om geskenke aan soet kinders, en streepsuiker aan stout kinders uit te deel, se getroue handlanger, Zwarte Piet is in die sop oor beweerde rassisme.

Of liewer, die gebruik van Zwarte Piet is in die sop by ‘n kommissie van die VN se raad vir Menseregte. Daar was al meer klagtes by die anti-diskriminasiekantoor in Amsterdam dat dié gebruik, wat oor meer as ‘n eeu teruggevoer word, rassisties is en die kwessie het gereeld in die Nederlandse pers debatte ontketen. Die meer moderne gebruik van Zwarte Piet was om hom as ‘n Moor uit te beeld wat as Sinterklaas se handlanger optree, maar vroeër was daar ‘n tyd toe hy as dienskneg in eg kolonialistiese tradisie uitgebeeld is.

Volgens die VN lui die klagte wat ondersoek word dat Zwarte Piet stereotipes voed dat Afrikane tweederangse burgers is. Nederland is terselfdertyd gemaan om minderheidsgemeenskappe te raadpleeg oor die wyse waarop Zwarte Piet uitgebeeld word.

Nederlandse Sinterklaas-organisasies het aangedui dat hulle nou werk daarvan sal maak om die beeld van Zwarte Piet te verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gawie Botha ·

Alle lande in die wereld se regerings is “rassiste”,,,,tensy hulle die teendeel kan bewys,en al hulle lande se grense oopgooi,,,sonder reels en regulasies betreffende n ander bevolkingsgroep!

bileam se donkie ·

Hemel,maar swartmense het rassisme op hul breins,of liewer tussen hul ore,maak tog vrede met wie julle is aanvaar tog julle self soos wat die Here julle gemaak het,dit is waar innerlike vrede begin

Rudi ·

Ag hel man, is alles rassisme?? Ek WENS ons was in Suid-Afrika op ‘n stadium waar mense oor sulke nietighede kon kla. Kom na SA as jy REGTE rassehaat wil beleef. Dit sluit in: opsetlike ekonomiese benadeling d.m.v. rassekwota’s; verkragtings; plaasmoorde; en so meer. As ons maar net so min probleme gehad het dat dit vir ons gelyk het asof ‘n nie-blanke wat sy gesig wit smeer en speel dat hy ‘n blanke is, ‘n saak van nasionale belang was! Geagte swart Nederlanders, tel julle seëninge en kry vir graag julle ‘n dikker vel – watter kleur hy ook al mag wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.