Sir Lowryspas-ongeluk eis 3

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie mense is dood en drie beseer nadat drie voertuie Woensdag op Sir Lowryspas naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap gebots het.

“Een van die voertuie wou ʼn ander verbysteek en het toe ʼn derde voertuig reg van voor getref, wat die een voertuig laat omslaan en bo-op ʼn ander laat beland het,” het Christo Venter, woordvoerder van ER24, gesê. “Die ongeluk het op die N2 net voor die uitkykpunt plaasgevind.”

Twee volwassenes en ʼn kind is op die toneel dood verklaar. Een van die passasiers het kritieke beserings opgedoen en moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word.

Twee ander het matige beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na die Helderberg provinsiale hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.