Sirië-gifgasarsenaal glo versprei

siriëDie moontlikheid dat Sirië geteikende lugaanvalle kan vryspring het skynbaar ‘n ernstige terugslag beleef.

Pres. Basjar al-Assad het rug styfgemaak en gesê hy weier om sy gifgasarsenaal onder internasionale toesig te plaas tensy die VSA die bewapening van rebelle staak. Hoewel Sirië uit beide die Arabiese Bond en die Bond van Islamitiese State geskop is, word Assad se bewind deur verskeie lande soos Rusland, China en Iran van wapens voorsien, en die Sirië as belangrike roete om wapens van Iran by Iran se bondgenoot in Libanon, die Hizbolla te kry.

In nog ‘n verwikkeling het ‘n groep Amerikaanse en Midde-Oosterse diplomate en militariste aan die Wall Street Journal gesê die Assadbewind het al weke gelede begin om die land se gifgasarsenaal na sowat 50 plekke oor die land heen te versprei. Dit sou geteikende aanvalle baie moeilik maak.

Die VSA weet van sowat ‘n 1 000 ton chemiese en biologiese wapens waaroor Sirië sou beskik, maar dit kan volgens die waarnemers meer wees.

Intussen word berig dat die VN-verslag oor die vermeende gifgasaanval wat onlangs sowat 1 400 menselewens in Damaskus se buitewyke geëis het, volgende week verwag word. Hoewel die VN-span bloot moes vasstel of gifgas wel ingespan is, kan die toetse wat op bloed en weefsel gedoen is, ook bepaal hoe die gifgas toegedien is, en wat die samestelling daarvan was. Hierdeur sou duidelik bepaal kon word wie agter die aanvalle gesit het. Assad betwis dat hy of sy regering iets daarmee te make gehad het, en plaas die blaam daarvoor op die rebelle.

Verskillende VN-agentskappe het tot dusver in hul verslae verskil oor wie tot dusver vir die meeste gifgasaanvalle in die land verantwoordelik was. In die een verslag is die blaam in hoofsaak op die rebelle geplaas, en in die ander op die regering.

Obama het dit duidelik gemaak dat hy dit nie sal duld dat Assad die verligting wat die Russiese inisiatief gebring het, misbruik om sy posisie te konsolideer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter Reyneke ·

Die Siriese aangeleentheid is baie ingewikkeld.

President Obama fokus volgens baie kommentators op binnelandse politiek in die VSA en min op buitelandse beleid. Hy probeer onderwys verbeter, beter infrastruktuur vestig en werk skep binne Amerika. Sy opposisie is die Republikeinse Party (GOP) waarvan die ondersteuners basies ‘n klomp regse Christen fundamentaliste is. Die GOP beheer die Huis van Verteenwoordigers wat die lewe vir Obama hel maak. Hulle opponeer hom ten opsigte van alles wat hy doen. Die VSA begroting moet goedgekeur word binne die volgende paar weke, en hy het ondersteuning nodig in die Huis.

Ten einde hierdie steun te verkry erken hy die Huis se rol in die verklaring van oorlog, hoewel Sirië ‘n polisiëring-operasie is en nie die Huis se toestemming benodig nie.

Obama, die EU, NAVO en andere wil nie in Sirië betrokke raak nie. Die vrees is dat ‘n nuwe regime die Midde-Ooste verder sal destabiliseer en Israel meer direk kan bedreig.

Die wêreld was ten gunste van regime verandering in onder andere Suid-Afrika en die Westerse wêreld het hulle vingers verbrand. Na 1994 het Amerika skielik allergies vir regime verandering geword want anders as verwag is die ANC en ander regerings wat bevoordeel is deur die regime veranderings anti-Amerikaans. Amerika het nog altyd ‘n pro-Amerikaanse diktatuur verkies bo ‘n anti-Amerikaanse demokrasie.

al-Assad mag ‘n diktator wees, maar die vraag is wat en wie is die rebelle? Niemand is seker nie. Diegene wat ‘n studie van die opposisie, rebelle, gemaak het besef dat hulle ook maar ‘n klomp godsdienstige reaksionêre is. Sirië het ‘n geskiedenis van sektariese geweld wat oor eeue strek. Die party wat hom ondersteun was ook teen oorlede Sadam van Irak gekant. Hy beskerm ook die Christen minderheid in Sirië.

Die VSA se ontplooiing van wapens rondom Sirië het ten doel om te verhoed dat die konflik eskaleer en olie voorsiening vanaf Saoedi-Arabië bedreig asook om Israel te beskerm.

Obama speel ‘n politieke spel vir die tuis skare en nie om die lewe te verbeter vir die mense van Sirië nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.