Sirië-kommunikasie gesny

Sirië is Dinsdagaand om 23:00 (Suid-Afrikaanse tyd) grootliks van die internet afgesny en telefoonverbindings is verbreek.

Amerika se departement van buitelandse sake en ‘n Amerikaanse tegnologiemaatskappy sê Sirië se aanlyngebruik het tot nul gedaal, berig Sapa-dpa. Die rede hiervoor is nog nie bekend nie, maar volgens Umbrella Security het ʼn soortgelyke onderbreking op 29 November 2012 plaasgevind en vir drie dae lank geduur.

Volgens aktiviste is internetverbindings is in die verlede in sekere dele onder rebelle-beheer verbreek om te verhoed dat berigte die buiteland bereik, sowel as net voor groot militêre operasies uitgevoer word.

– Sapa-dpa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.