Pres. Barack Obama van Amerika sê hy sal steeds met pres. Vladimir Putin in gesprek bly, alhoewel hul verhouding ‘n “muur getref het”.
Putin verwerp die idee dat pres. Bashar al-Assad chemiese wapens teen sy mense gebruik het. Obama sê hy bly “altyd hoopvol” dat Putin sy standpunt sal verander.
Putin het in ‘n onderhoud met die Associated Press gesê dat Rusland nie ‘n besluit deur die Verenigde Nasies om militêr teen Assad op te tree, sal “uitsluit” nie. In só ‘n geval moet dit egter bewys word dat die regering gifgas op burgers gebruik het. Hy sê egter dit is “belaglik” dat die regering chemiese wapens sal gebruik in ‘n tyd waar rebelle defensief optree. Hy het die Weste gewaarsku om nie eensydig teen Sirië op te tree nie.
Putin is reg.Laat die UN besluit. Die VSA bestaan uit 4.5 persent van die wereld bevolking , dit is tyd dat hulle, hulle so begin gedra.