Sirië-wapenvernietigingsplan onderweg

siriëTegniese kenners van die Organisasie vir die Verbod op Chemiese Wapens (OPCW) sal vandag nog ’n onthulling van Sirië oor sy chemiese wapenprogram in oënskou neem.

Sirië het vroeër ’n voorlopige voorlegging oor sy wapenprogram aan die OPCW gedoen. Die inhoud daarvan is nog onbekend.

Luidens die ooreenkoms tussen Amerika en Rusland, wat daarop gemik is om van Sirië se chemiese wapenarsenaal ontslae te raak, het die land net tot vandag om ’n volledige lys te verskaf van sy chemiese wapens en die fasiliteite wat hy het om van dié wapens te maak.

Amerikaanse amptenare het verlede week bevestig dat al die partye saamgestem het dat Sirië nagenoeg 1,1 ton chemiese wapenproduksiemiddels, swawel en stowwe soos sarin, wat in Augustus in die chemiese wapenaanval op honderde mense gebruik is.

Inspekteurs sal reeds in November in Sirië aankom om ’n finale ondersoek te doen en van die toerusting solank te vernietig. Die doelwit is om al die komponente van die chemiese wapenprogram totaal van die land weg te neem om te vernietig teen 2014.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Wanneer gaan hulle die rebelle se arsenale ondersoek ? Meer onskuldige mense sterf (soms wreed) deur lg. se optrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.