“Sit dit af,” vra Eskom

Eskom het die publiek gevra om elektrisiteit spaarsamig te gebruik nadat een van sy reaktors by die Koeberg-kernkragstasie afgeskakel het.

“Die kragtoevoer is baie onder druk op die oomblik, veral gedurende spitstyd in die aand tussen 18:00-21:00,” sê die kragvoorsiener.

Dit is onduidelik wat veroorsaak het dat die reaktor afgeskakel het. ʼn Beampte het aan die Cape Times gesê die fout word ondersoek.

Koeberg voorsien 6% van die land se elektrisiteit en is reeds in werking sedert 1984, met ‘n kapasiteit van 1800MW.

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.