Sit reisplanne op ys

Verkeersowerhede raai motoriste aan om reisplanne vir die langnaweek uit te stel na die N3-snelweg weer gesluit moes word by die Van Reenenspas tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal.

Die Van Reenenspas in die Drakensberge is na nog swaar sneeuneerslae Dinsdag gesluit.

Volgens owerhede is daar nie alternatiewe paaie wat oop is nie. Hulle waarsku ook dat selfs al word die pad oopgestel, motoriste steeds nie moet reis nie omdat daar ys op die paaie kan wees.

Intussen waarsku die weerdiens dat sneeu en koue weerstoestande steeds vandag oor dele van die land verwag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.