Situasie gespanne in Sebokeng

'n Betoger van Sebokeng wat Woensdag 'n band aan die brand gesteek het. Foto: SAPA

‘n Betoger van Sebokeng wat Woensdag ‘n band aan die brand gesteek het. Foto: SAPA

Daar is ʼn sterk polisieteenwoordigheid in Sebokeng, suid van Johannesburg, nadat inwoners Donderdag weer saamgekom het om te betoog oor dienslewering.

Die betogers het Woensdag gewelddadig geraak en paaie met klippe, bome en brandende bande versper. Paaie tussen Vanderbijlpark en Vereeniging moes gesluit word weens die betoging.

Die polisie moes in ʼn stadium op die betogers skiet om hulle uit mekaar te dryf. Een betoger is  doodgeskiet en een is gewond. Die betoger se dood word ondersoek. Vyf betogers is in hegtenis geneem vir openbare geweld. 

Die inwoners betoog oor behuising, water, toilette, en elektrisiteit. Een betoger het gesê hulle lewe soos diere.

Greta Hlongwane, die burgemeester van die Emfuleni-munisipaliteit, wou Woensdag die betogers toespreek, maar die betogers het haar verhinder. Hulle het daarop aangedring om met Gauteng se premier, Nomvula Mokonyane, te vergader.

Die munisipaliteit het gesê die inwoners betoog oor behuisingsontwikkeling in die gebied, wat die Gautengse departement van behuising se verantwoordelikheid is. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marieta ·

“Leef soos diere?!” Asseblief!!! Ek weet van geen diere wat so barbaars optree nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.