Sjimpansee weer by reservaat ná aanval

Die sjimpansee van Chimp Eden in Nelspruit wat tydens ʼn aanval op ʼn student geskiet is, is terug by die reservaat nadat hy in Johannesburg behandel is.

Die Amerikaanse nagraadse student, Andrew Oberle (26), is op 28 Junie ernstig beseer en is vir ʼn geruime tyd in die Nelspruit MediClinic se intensiewe sorgeenheid behandel. Die sjimpansees, Nikki en Amadeus, het hom deur hul kamp se heining gegryp en getrek. Hy is na bewering sowat ʼn kilometer die kamp in getrek en aangeval. Hy is intussen na ʼn hospitaal in Johannesburg oorgeplaas waar hy steeds behandeling ontvang. Hy het ʼn oor, verskeie vingers en tone asook ʼn testikel verloor.

Nikkie, ʼn 16-jarige mannetjie, is tydens die aanval geskiet in ʼn poging om die aanval op te breek. Hy is sedert die voorval by die Johannesburgse dieretuin behandel en moes verskeie operasies vir ʼn maagwond ondergaan.

Nikkie en Amadeus gaan vir ʼn tyd lank in kwarantyn geplaas word en geleidelik aan die res van die groep voorgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.