Sjina gaan binnekort sy eerste bemande ruimtetuig lanseer, het ʼn woordvoerder van Xinhua nuusagentskap Saterdag gesê.
Die Shenzhou-9 ruimtetuig en sy vuurpyl, die Long March-2F, is Saterdagoggend na die lanseerplatform by die Jiuquan-satellietsentrum in die noordweste van Sjina verskuif. Wetenskaplikes sal binnekort ʼn paar finale toetse op die ruimtetuig en vuurpyl en sisteme uitvoer, het ʼn woordvoerder van die ruimteprogram gesê. Die Shenzhou-9 sal Sjina se eerste bemande ruimtetuig wees. “Die finale voorbereidings verloop glad,” het die woordvoerder gesê. “Die drie ruimtevaarders het reeds hul opleiding afgehandel en is in goeie gesondheid, liggaam en siel.”
Die Shenzhou-9 sal by die wentelende Tiangong-1 ruimtelaboratoriummodule aansluit. Die drie ruimtevaarders sal self die aansluiting by die laboratoriummodule hanteer en sal vir ‘n tyd lank daar bly en wetenskaplike eksperimente uitvoer.