Sjirurg gryp fiets om betyds te wees vir operasie

Toe Dr. Catherine Baucom, sjirurg, besef het sy gaan laat wees vir ‘n operasie weens ‘n geweldige verkneersknoop, het sy dadelik ‘n ander plan beraam.

Baucom het Woensdagoggend op ‘n snelweg in Louisiana, Amerika, in ‘n verkneersknoop vasgesit, maar sy moes dringend by die teater uitkom by BRASS Surgery Center. Die verkeersopeenhoping het dit egter vir haar onmoontlik gemaak om, met haar motor, betyds te wees. Sy het onthou dat ‘n vriendin daar naby bly en het afgedraai om ‘n fiets te gaan leen. Baucom, wat 1.82m lank is, moes met haar vriendin se 7-jarige dogter se fiets tevrede wees. Terug op die Interstate-10 het sy haar probleem aan beamptes verduidelik wat die pad vir haar na die hospitaal oopgemaak het. Sy was betyds vir die pasiënt.

Die verkneersknoop is veroorsaak toe ‘n motor op die snelweg omgeslaan het en ‘n 18-wiel vragmotor, wat bier vervoer het, agterin ‘n ander vragmotor, wat vlambare vloeistof vervoer het, vasgery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.