Skaars sneeuluiperds op film vasgelê

Een van die sneeuluiperds wat in die Kargil-streek met 'n infrarooi-kamera verfilm is.

Bewaarders het ʼn paar skaars sneeuluiperds op kamera afgeneem toe hulle in ʼn afgeleë bergstreek gewandel het. Dié streek is eers deur konflik tussen Indië en Pakistan geteister.

Infrarooi kameralokvalle wat maande gelede deur die Wêreldwye Wildlewe Fonds (WWF) vir Indië opgestel is, het die volwasse sneeuluiperds in die Kargil-streek afgeneem. Volgens WWF-Indië is dit maar die tweede keer wat dié bedreigde sneeuluiperds in Kargil afgeneem is. Die onlangse voorval het omgewingsbewaringsaktiviste aangemoedig, aangesien dit ʼn bewys is dat die groot katte nie deur die 1999 Indië-Pakistan-konflik, waarin honderde soldate oorlede is, uit dié gebied gejaag is nie. Na beraming is sneeuluiperds die mees bedreigde spesie van groot katte en staar die bedreiging van stropers en die verlies van habitat in die gesig. Dit is moeilik om navorsing op hulle te doen, aangesien hulle in streke van uiterste koue en moeilike terrein leef. Na bewering is daar slegs sowat tussen 4 000 en 6 500 van dié katte oor in die Himalaja-streek van Afghanistan, Bhutan, Siberië, Mongolië, Pakistan en Indië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.