Skaatsplankryer gaan moontlik vervolg word

Die Kaapstadse skaatsplankryer wat by Kloofnek afjaag teen ʼn spoed wat ʼn munisipale spoedkamera laat afgaan, gaan moontlik aangekla word van roekelose en nalatige padgebruik.

Maroela Media het Woensdag berig die skaatsplankryer, Decio Lourenco (24), maak opslae op YouTube nadat ʼn video van hom gemaak is waar hy teen Kloofnek afjaag en deur ʼn spoedkamera afgeneem word wat vir spoed meer as 60km/u vang. Lees meer hier.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het aan die Cape Times gesê Lourenco gaan nie die opsie van ʼn boete gegun word nie.

“ʼn Saak gaan by die polisie oopgemaak word waarna die direkteur van publieke vervolging gaan besluit of daar teen hom opgetree gaan word,” het hy gesê.

Smith sê daar is geen manier waarop die stad gaan toelaat dat skaatsplankry op openbare paaie beoefen word nie.

Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.