Skaatsplankryer sterf na hy vragmotor tref

Carlito Trancoso. Foto: Facebook

ʼn Skaatsplankryer is dood nadat hy Maandagmiddag in ʼn vragmotor vasgery het op die Franschhoekpas in die Wes-Kaap.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê die 29-jarige skaatsplankryer is van Johannesburg en het glo na Franschhoek gereis om teen die pas af te skaats. Die Burger het die oorledene geïdentifiseer as Carlito Trancoso. Hy was die naweek in die Kaap om aan die Fair Cape Downhill Challenge deel te neem. Visser sê ʼn vriend in ʼn motor het hom gevolg. Trancoso het glo in ‘n skerp draai geskaats en ‘n vragmotor getref wat van die ander kant teen die opdraande gery het. Hy het ernstige buik-, bors- en kopbeserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.