Skaatsplankryer word nie vervolg nie

Die Kaapstadse skaatsplankryer wat só vinnig by Kloofnek afgejaag het dat ʼn spoedkamera geflits het, gaan nie van roekelose en nalatige padgebruik aangekla word nie.

Merle Lourens, ʼn woordvoerder van die stad Kaapstad se verkeersafdeling, het aan The Star gesê Decio Lourenco (24) kan nie vervolg word nie omdat die video van die voorval, wat op YouTube gelaai is, nie as bewys gebruik kan word nie.

“Ons kan hom nie vervolg nie, ons kan ook nie die filmbewys gebruik nie. Vir al wat ons weet is die video gemanipuleer,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Lourence maak opslae op YouTube nadat ʼn video van hom gemaak is waar hy teen Kloofnek afjaag en deur ʼn spoedkamera teen 60km/h afgeneem word. JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het destyds gesê Lourenco gaan nie die opsie van ʼn boete gegun word nie. Smith het destyds gesê die direkteur van openbare vervolging sal besluit of daar teen Lourenco opgetree gaan word.

Klik hier om die video te sien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

OompieKedoompie ·

Dit was in die eerste plek simpel om die knapie te wil vervolg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.