Skade by hospitaal wat gebrand het nog nie bekend nie

Foto: Nathan Adams (EWN)

Die omvang van die skade wat by ‘n konstruksieperseel van die Mitchell’s Plein-hospitaal aangerig is tydens die brand Woensdag is nog nie bepaal nie.

Die R400 miljoen-projek is aangrensend aan die huidige Lentegeur-hospitaal. Die brand het in een van die noodkamers uitgebreek. Robin Carlisle, LUR vir openbare werke in die Wes-Kaap sê konstruksie in ander gebiede op die perseel is nie deur die brand beïnvloed nie. Theo Layne van Brand en Redding het gesê niemand is in die voorval beseer nie. “Die werkers was wel op die perseel, maar kon betyds uit die gebou vlug,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.