Skadevergoeding aan Mpuma-boer se familie

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie moet skadevergoeding betaal aan die familie van Johannes Bezuidenhout, ʼn boer van Mpumalanga, nadat ʼn ontsnapte gevangene hom met ʼn polisiebeampte se pistool doodgeskiet het, het The Citizen berig.

Die Pretoriase hooggeregshof het beslis dat polisieminister Nathi Mthethwa R280 000 aan die boer se vrou, Cornelia Bezuidenhout, moet betaal en R90 000 aan sy dogter, Beulah Bezuidenhout.

Bezuidenhout is in Julie 2002 voor sy vrou op sy plaas in Groblersdal doodgeskiet.

Die moordenaar, David Mammushi, het uit polisie-aanhouding by die Sekhukhune-landdroshof ontsnap. Mammushi moes verskyn op ʼn aanklag van verkragting. Hy het tydens sy ontsnappingspoging ʼn polisiesersant oorrompel en sy dienspistool afgeneem. Hy het dié pistool twee dae later gebruik om Bezuidenhout tydens ʼn gewapende roof dood te skiet.

Mammushi is weer in hegtenis geneem en in 2005 skuldig bevind aan die moord.

Regter André Louw het aan die hof gesê die polisie was nalatig en het versuim om Mammushi in aanhouding te hou. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

R280 000 aan die oorledene se vrou, en R90 000 aan die dogter – is dit wat ‘n mens se lewe werd is ? Geen geld kan ooit ‘n lewe vervang nie, ek aanvaar hierdie moet wees verlies aan inkomste – of so-iets. Ek is geen regsgeleerde. Tog, indien dit wel so is, is die syfers hopeloos ondergeskat.

SUNé : Ek vestig net jou aandag op die volgende syfer – R90 0000 !

Sune van Heerden ·

Dankie Ria, ek bring die wysiging aan!

Groetnis
Suné

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.