Kopbeen naby inisiasieskool gevind

‘n Menslike kopbeen is Vrydag naby ‘n inisiasieskool in Butterworth in die Oos-Kaap gevind.

Volgens kaptein Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder, vermoed die polisie dat die skedel al meer as ʼn jaar lank daar lê.

“Daar was geen ander beendere nie. ʼn Skoen en ʼn T-hemp is naby die skedel opgespoor,” het hy gesê.

‘n Geregtelike doodsondersoek sal uitgevoer word.

Maroela Media het Dinsdag berig dat vier seuns by ʼn ongeregistreerde inisiasieskool op Botshabelo, oos van Bloemfontein, gesterf het. Klik hier om die storie te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.