Die afskopwedstryd van die Absa-premierliga (PSL) tussen Platinum Stars en Bidvest Wits is Sondag vertraag nadat die skeidsregters voor die wedstryd in hegtenis geneem is.
Volgens MTNFootball.com moes die wedstryd 15:00 by die Royal Bafokeng-stadium in Rustenburg begin het maar is die skeidsregters in hegtenis geneem aangesien die motor waarin hulle gery het glo ʼn gesteelde motor is. Hulle is glo na ʼn polisiestasie in Pretoria geneem. Die polisie in Gauteng en Noordwes was egter nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie. Volgens die PSL is ander skeidsregters ingeroep om te blaas. Derek Blackensee, hoofbestuurder van die PSL, sê die ander skeidsregters is wel later vrygelaat.