Skelet by Waterkloof LMB in PTA gevind

Lede van die Waterkloof Lugmagbasis het Donderdag ʼn grusame vonds gemaak.

Ao. Annabelle Middleton, woordvoerder van die Brooklyn polisiestasie in Pretoria, het aan Maroela Media gesê die beamptes het die gebied naby die noodlandingstrook patrolleer toe hulle op menslike oorskot afgekom het. ʼn Ondersoek sal van stapel gestuur word om te bepaal hoe lank die skelet al daar lê, aan wie dit behoort en wat die oorsaak van die dood was.

Die beendere is aan die Slagofferuitkenningseenheid oorhandig om ʼn gesigrekonstruksie op die skelet uit te voer.

ʼn Geregtelike nadoodse ondersoek sal deur die polisiestasie in Lyttelton behartig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.