Skelet naby Welkom gevind

‘n Menslike skelet is deur ‘n visserman in ‘n bos naby Klippan-dam naby Welkom in die Vrystaat opgespoor.

Sersant Puleng Motsoeneng het gesê die man het op die beendere afgekom toe hy Donderdagmiddag by die dam vis gevang het. Sy sê die skelet blyk glo dié van ‘n middeljarige man te wees. Die polisie vermoed die man was ‘n onwettige myner. Klere, waterstewels en ‘n sak is naby die oorskot aangetref.

Daar was niks om die man mee uit te ken nie.

Motsoeneng het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om met die polisie in verbinding te tree indien hulle oor enige inligting beskik wat die polisie kan help om die man se familie op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.