Skerp petrolstyging verwag

petrolpomp 2

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Dinsdag gesê die petrolprys kan dalk skerp styg aan die begin van die nuwe jaar.

“Internasionale petroleumpryse het tot dusver effens gedaal in Desember,” het Graeme Scala, woordvoerder van die AA, in ʼn verklaring gesê. “Die wisselkoers kan moontlik verligting bring, wat aan die begin van die maand gemiddeld R10.20 was teenoor die Amerikaanse dollar. Die rand het egter intussen verswak tot R10.50 op 6 Desember.”

Die AA het die voorlopige data vir die eerste helfte van Desember, wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is, hersien.

“As mens die huidige data gebruik, kan diesel moontlik met 31c per liter styg en petrol tussen 31c en 33c per liter, afhangend van die graad petrol,” het Scala bygevoeg.

Paraffien kan tot 39c per liter styg.

“Indien daar voor die einde van Desember nie ʼn merkwaardige verandering in die wisselkoers plaasvind nie, sal Suid-Afrikaanse motoriste hul beursies moet oopmaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.