Skierlik-skieter trou in tronk

Johan Nel tydens 'n hofverskyning in Julie 2008. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die sogenaamde Skierlik-skieter, Johan Nel, is die week in die Ramochana gevangenis in Rustenburg getroud.

Nel het in Januarie 2008 vier mense doodgeskiet en 11 beseer in die Skierlik-plakkerskamp naby Swartruggens in Noordwes. Hy is tot 169 jaar tronkstraf gevonnis. The Times berig dat Nel (23) vroeër die week met Maryna Naude, glo 18, getrou het. Nel se ouers, skoonouers en ʼn maatskaplike werker het die kort seremonie bygewoon. ʼn Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Sarie Peens, het die huwelik bevestig. Peens sê Nel is toegelaat om gewone drag te dra vir die seremonie. Sy sê Nel mag geen kontak hê met sy nuwe bruid nie en sal nie toegelaat word om eers aan haar te raak nie. Nel word tans in die maksimum veiligheid afdeling van die gevangenis aangehou en sal eers kontak met besoekers kan hê wanneer hy na ʼn algemene afdeling geskuif word. Nel kan na só sel geskuif word op gronde van goeie gedrag.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.