“Skiet die boer” appèlaansoek Donderdag aangehoor

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Aansoek vir verlof tot appèl teen die “Skiet die boer” haatspraak beslissing sal waarksynlik Donderdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word.

Die burgerregte groep, AfriForum, het die haatspraak saak teen ANC-jeugligaleier Julius Malema aanhangig gemaak vir sy sing van die woorde “Skiet die boer”. Die ANC sowel as sy jeugliga het vroeër te kenne gegee dat hy sal appelleer teen die beslissing van regter Colin Lamont. Lamont het die woorde “Skiet die boer” as haatspraak verklaar en Malema en ANC-ondersteuners verbied om dit in privaat of openbare hoedanigheid te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.