Skiet-die-boer-lied: ANC moet koste van appèlhof-uitstel betaal

Die hoogste hof van appèl het Maandag ‘n aansoek van die ANC teen ‘n beslissing van waarnemende regter Leon Halgryn, aangaande die berugte Skiet-die-boer-lied van Julius Malema, onbepaald uitgestel en die ANC gelas om die kostes van die uitstel te betaal.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies verwelkom die appèlhof se besluit om die ANC met ’n kostebevel te straf.

Die ANC wou appelleer teen ‘n beslissing van Halgryn wat geweier het om die ANC as tussenbeidetredende party toe te laat in ‘n geding oor die lied. ‘n Hofbevel is vroeër in ‘n dispuut tussen Mohamed Vawda en Willem Harmse verleen waarvolgens bevind is dat die woorde “dubula iBhunu” (Skiet die Boer/witman) ongrondwetlik was en neerkom op aanstigting om moord te pleeg.

Appèlregter Kenneth Mthiyane het gelas dat die ANC die koste van die uitstel betaal. Die ANC het vir uitstel gevra, omdat AfriForum se haatspraaksaak teen die geskorte Julius Malema later vanjaar in die Appèlhof dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.