‘Skiet die boer’ verander na ‘skiet Zuma’

Die foto is deur @hlatseentle op Twitter gelaai.

Ondersteuners van die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, het gisteraand tydens ʼn nagwaak in Polokwane die woorde van “Dubula iBhunu” (skiet die boer) na “skiet Zuma” verander.

Volgens berigte het sowat 200 ondersteuners by die Nirvana-gemeenskapsaal opgedaag om hul ondersteuning vir Malema te wys voor hy vandag in die Polokwane distrikshof verskyn op aanklagte van geldwassery. Die ondersteuners het ook ʼn lied in Pedi gesing, wat beteken ‘die stort man gee ons probleme…Malema bid asb vir ons.’ Die geskorste woordvoerder van die jeugliga, Floyd Shivambu, was ook by die nagwaak.

Intussen sê die polisie daar sal vandag streng veiligheidsmaatreëls geld wanneer Malema omstreeks 8:30 in die hof sal verskyn. Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, sê verskeie paaie om die hof sal gesluit wees. Hy sê slegs ʼn beperkte aantal mense sal in die hof toegelaat word. “Geen gevaarlike wapens soos vuurwapens, messe, pangas of knopkieries sal buite die hof toegelaat word nie.” Malema sal verskyn op aanklag van geldwassery ten bedrae van R4 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.