Skietery in wildreservaat: Man in hof

Richard Hume. Foto: Facebook

Richard Hume. Foto: Facebook

Richard Hume (31), wat aangekla word van poging tot moord nadat hy glo ’n vermeende wildstroper in die gesin se privaatwildreservaat geskiet het, het Maandag in die Malelane-landdroshof verskyn.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, sê die saak is uitgestel en Hume sal weer op 26 Februarie in die hof verskyn. Hume is die seun van John Hume, ’n bekende renoster- en buffelteler in Mpumalanga. Hy is tans uit op borgtog van R5 000.

Hume is in September verlede jaar in hegtenis geneem nadat hy ʼn verdagte Ford Bantam-bakkie in die Mauricedale-wildreservaat naby Hectorspruit opgemerk het en vir die bestuurder aangedui het om stil te hou. Hume het ’n skoot gevuur en Sabelo Maphungla (28), die bestuurder van die bakkie, geskiet en gewond. Maphungla se passasiers, Siso Nkhosi en Jabo Dlamini, is in hegtenis geneem en vir onregmatige betreding en onwettige jag aangekla. Die saak is egter in Desember voorlopig teruggetrek hangende Maphungla se herstel. Sedibe sê die saak is nog nie heringestel nie aangesien Maphungla steeds in die hospitaal behandel word.

Lees ook:
Skietery op wildreservaat: Saak uitgestel
Jong man in hof wat vermeende stroper skiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Shannon ·

Les om te leer ?
Wanneer jy `n inheemse krim pap skiet op jou plaas (of in jou slaapkamer), gebeur die volgende :

a. Bel die polisie en vertel hulle daarvan.
b. Pas onmiddellik eerste hulp toe op jou vicitm en kry jou gewonde eggenoot om die paramedici te ontbied.
c. Roep jou bure. Hulle sal bogenoemde stappe uitvoer.
d. Plaas jou volle gewig op die victim se wind pyp om pasiënt in kadawer te verander. Plaas als in swart sak, besprinkel mildelik met vlambare chemikalieë en steek aan die brand iewers in `n veld. Onthou om jou krrekte nommer plate terug te sit wanneer jy terug is by die huis en ontsmet jou voertuig om oordraagbares te stuit – ingeval jy later die kinders by hul kleuterskool moet aflaai.

amelia ·

n Man word aangekla van poging tot moord omdat hy sy eiendom probeer beskerm dis so belaglik My vraag is as hulle eerste op hom geskiet het en hy was die gewonde sou hulle van poging tot moord aangekla word of sou dit weer n geval wees van sies tog hulle was honger Wat soek die goed in elk geval daar wou net roof en steel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.