Skietery op wildreservaat: Saak uitgestel

Richard Hume. Facebook

Richard Hume. Facebook

Die saak teen Richard Hume (31), wat aangekla word van poging tot moord nadat hy glo ’n vermeende wildstroper in die gesin se privaatwildreservaat geskiet het, se saak is Woensdag in die Malelane-landdroshof uitgestel.

Hume is die seun van ’n bekende renoster- en buffelteler in Mpumalanga, John Hume, en is tans uit op borgtog van R5 000. Sy saak is tot 8 Januarie uitgestel.

Hy is in September in hegtenis geneem nadat hy ʼn verdagte Ford Bantam-bakkie in die Mauricedale-wildreservaat gesien en vir die bestuurder aangedui het om stil te hou. Hume het ’n skoot gevuur en Sabelo Maphungla (28), die bestuurder van die bakkie, geskiet en gewond. Die polisie het Maphungla, en twee passasiers, Siso Nkhosi (28) en Jabo Dlamini (38), in hegtenis geneem vir onregmatige betreding van privaateiendom, die onwettige jag van wild en die besit van wild. Twee mans kon daarin slaag om te vlug.

Nkhosi en Dlamini het ook Woensdag in die hof verskyn. Maphungla word steeds in die hospitaal behandel. Die drie is tans uit op borgtog van R3 000. Hulle saak is tot 6 November uitgestel.

Lees ook:
Jong man in hof wat vermeende stroper skiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hannetjie ·

Hoekom word hy aangekla van poging tot moord? Moes hy hul ma elos het dat daardie oortreders die renosters verder uitroei en of sy gesin aanval? Dit regtig dom onosel want die man het sy eiendom beskrm!

Malelaner ·

Dis uiters belaglik dat Richard Hume R5000 borg moes betaal na hy die stropers op die plaas betrap het en die stropers R3000. Ons regstel is uiters pateties maar wat verwag jy van n land soos Suid Aapland en die regerende party!

Sterkte Richard hoop alles werk goed uit vir jou. Onthou net volgende keer skiet vir dood van die bliksems was nie daar om te kom kuier! Vuilgoed!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.