Skietery toe hulle glo sy Kersgeskenke steel

Martin Luther Hartley

Martin Luther Hartley

ʼn Man van Portland, Oregon, het sy vriend in die been geskiet nadat hy die vriend en sy meisie daarvan beskuldig het dat hulle sy Kersgeskenke gesteel het.

Martin Luther Hartley (44) het Maandagmiddag onskuldig gepleit op aanklag van aanranding met ʼn vuurwapen en onwettige gebruik van ʼn vuurwapen, berig OregonLive.

Polisiebeamptes is Sondagoggend na ʼn hospitaal ontbied waar Keytar Donesouda (31) opgeneem is. Donesouda en sy vriendin, Xaykham Chanthavong, het aan die polisie gesê hulle het Hartley se woonwa Saterdag besoek toe hul vriend, gewapen met ʼn .22, hulle beskuldig het dat hulle sy Kersgeskenke gesteel het.

Hartley het glo aangevoer hy het beeldmateriaal van die misdryf en het Donesouda geskiet.

“Hartley het Donesouda en Chanthavong daarna glo beveel om sy perseel te verlaat en sy geskenke te gaan haal, anders sal hy hulle doodmaak,” het staatsaanklaer Amity L Girt in ʼn verklaring voorgehou as motief.

Die polisie en Girt het nie bekend gemaak wat die geskenke was nie.

Die polisie is daarna na Hartley se woonwa, waar hy ontken het dat hy enigiets van ʼn skietery weet. Hy het aan die ondersoekbeamptes gesê die paartjie sou Saterdag metamfetamien na sy woonwa gebring het, maar dit het nie gebeur nie.

ʼn Lasbrief vir ʼn soektog is bekom en ʼn .22-doppie is in die woonwa opgespoor.

Hartley is in hegtenis geneem en bly in aanhouding. Hy sal op 3 Januarie in die hof verskyn.

Donesouda is intussen uit die hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.