Skietgeveg breek uit by Jhb-laerskool

ʼn Skietgeveg het Dinsdagoggend uitgebreek tussen die polisie en ʼn vermeende rower by ʼn laerskool in Bryanston in Johannesburg.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Kym Cloete, sê hulle het omstreeks 7:20 Dinsdagoggend ʼn swart Subaru in die skool se parkeerarea opgemerk met ʼn verdagte insittende. “Toe die polisie die motor nader het die man ʼn vuurwapen uitgeruk en begin skiet. Die polisie het probeer om sy motor met hulle motor te blokker maar hy kon verbykom.” Die man het ʼn ander motor getref terwyl hy in die Subara gevlug het. Dit is nie duidelik of die man tydens die skietgeveg beseer is nie. Niemand anders is tydens die voorval beseer nie. Die polisie vermoed dat die man deel is van ʼn sindikaat wat motors steel. Cloete sê ʼn bende teister die afgelope ruk laerskole in die Sandton-area.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.