Skietgeveg buite hoërskool

Lede van teenstrydige bendes het Donderdag ʼn paar meter buite Hoërskool Crystal in Hanover Park in die Wes-Kaap, op mekaar begin skiet.

Talle leerders is deur die voorval getraumatiseer en moes berading ontvang, berig EWN. Maureen Asvoel, woordvoerder van die hoërskool se beheerliggaam is bekommerd tot watter mate die onlangse voorval die eksamen gaan beïnvloed. “Ons is baie ongelukkig. Ouers moet gekontak word, omdat leerders onveilig voel weens die bendelede wat die skoolgronde betree. Leerders voel of hulle ʼn teiken is,” het sy gesê.

Die onderwysdepartement in die Wes-Kaap sê hy sal geen geweld in, op, of naby skoolgronde duld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.