Skilderye moet Portugese begrotingstekort uitskakel

Een van Joan Miró se kunswerke

Een van Joan Miró se kunswerke

Die Portugese regering gaan sy versameling skilderye van die Katalaanse skilder, Joan Miró op ‘n veiling van Chistie’s in Londen verkoop. Die land hoop om met die verkoop van die 85 skilderye sowat 100 miljoen euro’s (sowat R1,4 miljard) te verdien.

Die versameling is, volgens die staatsekretaris Jorge Baretto Xavier, nie van groot belang vir Portugal nie, maar die land het wel die geld broodnodig.

‘n Petisie word egter opgestel om die verkoop te verhinder. Die versameling bestaan uit ongeveer ‘n derde van Miró se waardevolste werke en iemand “gek wees om daarvan ontslae te raak,” aldus ‘n kunskenner, Carlos Cabral Nunes.

Portugal wil sy begrotingstekort van byna ses persent van die BNP verlede jaar, tot 4 persent vanjaar verminder.

Miró, wat in 1983 op 90-jarige ouderdom dood is, word as surrealistiese kunstenaar onthou. Hy het veral die onderbewuste aangespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.