Skilderye oor e-tol-zombies verkoop gou

Die afdruk van die skildery Foto: chrislbecker.com

Die afdruk van die skildery Foto: chrislbecker.com

Die kunstenaar Mike Woolfson kry goeie terugvoer oor sy skilderye wat uitbeeld hoe Suid-Afrikaners in zombies verander weens e-tol, belasting, heffings en lisensiegelde, berig Moneyweb.

Woolfson is die digitale kunstenaar en eienaar van MBW-kunsgalerye. Daar is slegs ʼn beperkte aantal van die afdrukke beskikbaar. Die skildery is ʼn e-tolhek met donker wolke daaragter en ʼn persoon is aan die tolhek opgehang. Die res loop uitdrukkingloos en betekenisloos, soos zombies, weg van die hek.

Sestien van die 50 afdrukke is reeds teen ongeveer R2 000 elk verkoop.

Die skilderye is by MBW Art Galleries beskikbaar by Nicolway Bryanston en Lynnwood Bridge.

Bron: Moneyweb, Citizen, Arttimes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.