Skinstad jammer oor “coconut”

Die voormalige Springbokkaptein en rugbykommentator, Bob Skinstad, het om verskoning gevra nadat hy glo ʼn neerhalende term gebruik het tydens ʼn Super 15-wedstryd tussen die Sharks en die Chiefs.

The Star berig dat Skinstad die woord kokosneut [coconut] gebruik het gedurende die wedstryd. Hy het glo die woord gebruik nadat die Chiefs se Lelia Masaga en die Sharks se Lwazi Mvovo koppe gestamp het terwyl albei die bal probeer vang het. Albei spelers is beseer en het die veld verlaat. Skindstad het gesê Masaga het ʼn “coconut-tackle” op Mvovo uitgevoer. Hy het later gesê dat hy die betekenis van die woord verkeerd verstaan het. Die Chiefs sê Scott Waldrom het op Twitter gesê: “Weet die SA kommentator dat die term ‘coconut-tackle’ eintlik ʼn neerhalende term is?” Skinstad sê hy het die betekenis verkeerd verstaan en dat hy geen leed daarmee bedoel het nie. Nog ʼn Twitter-gebruiker het gesê die woord “coconut” is ʼn rassistiese term wat gebruik word om ‘n eilander van die Stille Oseaan te beskryf. Die gebruiker sê dit is soortgelyk daaraan om ʼn swart man die N-woord toe te snou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.