Skok na 10 sterf in Mpumalanga-busramp

Foto: ER24

Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het sy skok uitgespreek oor die dood van tien mense in Woensdag se busongeluk op die R545 naby Ogies in Mpumalanga.

ʼn Vragmotor het in die kant van die bus vasgery nadat die bus glo ʼn stopteken verontagsaam het. Die vragmotor het die bus van die pad gestoot en dit het omgeslaan. Talle mense is uit die bus geslinger. Volgens paramedici van ER24 was vier mense reeds dood toe hulle op die toneel aangekom het. Talle mense was in die bus vasgekeer en meganiese toerusting moes gebruik word om hulle uit die wrak te bevry. Volgens paramedici was daar 22 mense op die bus ten tyde van die ongeluk. Die presiese oorsaak van die botsing sal verder ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.