Skok-video: Agt polisiemanne vas vir moord

Agt polisiebeamptes is Vrydagmiddag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn Oos-Randse taxibestuurder wat agter ʼn polisievangwa gesleep is.

Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die agt polisiebeamptes, twee adjudant-offisiere en ses konstabels, is by die Benoni-polisiestasie in hegtenis geneem. Die agt verdagtes sal Maandag in die Daveyton-landdroshof op aanklag van moord verskyn. Mido Macia (27), ʼn Mosambiekse taxibestuurder, is Dinsdagaand dood nadat hy agter aan ’n polisievangwa vasgemaak en gesleep is ná ʼn onderonsie met die polisie. Hy is later in polisie-aanhouding dood. ʼn Video van die voorval is die week op sosiale netwerke versprei en het so opslae gemaak dat president Jacob Zuma en die nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega daarop reageer het. Phiyega het vroeër vandag opdrag gegee dat alle polisielede wat betrokke was by die voorval geskors en ontwapen word. Die stasiebevelvoerder van die Daveyton-polisiekantoor is ook uit sy pos verwyder.

Sien die video hier. WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.