Skokfoto van man se laaste oomblikke

Die voorblad van die New York Post

ʼn Foto op die New York Post van ʼn man wat op ʼn treinspoor staan en sekondes later deur ‘n trein doodgery is, het skokgolwe die wêreld ingestuur.

Die berig het woede ontlok onder mense wat wil weet hoekom niemand die man gehelp het nie maar daar tyd was om ʼn foto te neem van sy laaste oomblikke. Die foto is geneem deur R. Umar Abbasi, ʼn vryskutfotograaf vir die Post, by die Times Square-stasie. Volgens die polisie is die slagoffer, Ki-Suck Han (58), op die treinspoor gestamp toe hy glo ʼn geveg tussen twee ander mans probeer keer het. Die hawelose man wat Han glo gestamp het, is intussen in hegtenis geneem. Abbasi het intussen deurgeloop op veral sosiale netwerke oor hoekom hy nie die man gehelp het nie maar besluit het om ʼn foto te neem. Abbasi sê hy wou die kamera gebruik om die aankomde treindrywer te waarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.