Skokfoto: Worshond agter bakkie aangesleep

Foto: Harry Liebel

ʼn Foto van ʼn bakkie wat ʼn hondekarkas agter hom in die pad aansleep het talle gebruikers op sosiale media warm onder die kraag gelaat.

Harry Liebel, ʼn inwoner van Rustenburg, het die foto in dié dorp op Nuwejaarsdag geneem. Liebel het Woensdag aan Maroela Media gesê hy was geskok toe hy die toneel voor hom sien. Die karkas was van ʼn worshond wat met ʼn stuk draad aan ʼn Isuzu-bakkie vasgemaak was.

“Dit is uiters pateties. Die dier was klaar dood toe ek die foto geneem het, so ek is nie seker of die dier lewendig of dood was toe dit aan die bakkie vasgemaak was nie. Selfs al was die dier dood, hoekom het die bestuurder dit nie net in ʼn swartsak vervoer nie?” het hy gesê.

Liebel vermoed die bestuurder was op pad na ʼn vullisterrein omdat daar vullis agter op die bakkie was.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Rustenburg het aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die saak en kan nie in die stadium kommentaar lewer nie. “Ons is besig om die voorval te ondersoek en sal later ʼn persverklaring uitreik,” het ‘n bestuurder van die Rustenburg-DBV gesê.

Volgens Liebel was daar spekulasies dat die foto ʼn slenter is wat al sedert verlede jaar die rondte doen, maar hy het aan die DBV bevestig dat hy wel die foto op Nuwejaarsdag geneem het en dat daar getuies saam met hom was. Inspekteurs van die DBV het die eienaar van die bakkie se perseel besoek, maar kon tot dusver nie die eienaar opspoor nie.

Erika Gibson, ʼn woordvoerder van die Nasionale DBV, sê hulle sal slegs by verdere ondersoek kan bepaal waarvan die vermeende oortreder aangekla kan word. “Daar is baie faktore wat hier ʼn rol speel,” het sy gesê.

Konst. Offence Mokgadi, ʼn polisiewoordvoerder, sê hulle is bewus van die voorval maar geen klagte is by hulle aanhangig gemaak nie. “Ons kan nie die saak ondersoek alvorens ʼn formele saak oopgemaak word nie,” het hy aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

ansie hamman ·

maak daai eienaar ook vas agteraan n bakkie en sleep hom ook! gee hom van sy eie medisyne!

H M Wilters ·

Hy is te pateties om te weet hoe om ‘n bakkie te gebruik!

MARTHIE ·

hys maar ‘n patetiese mens as hy nie vir ‘n dier respek het nie glo ek nie hy het vir homself of ander respek nie, hys niks minder as ‘n moordenaar nie dankie vir die presoon wat dit geklik het nou kan hy aan die pen ry

Mila ·

Ag nee man! My wors kinders bly by my Ma terwyl ons oorsee werk! Ek so dankbaar want ek weet hoeveel lief de en aandag hulle elke dag kry! Ek is nie een wat mense sleg se maar so iemand moet boet vir hulle dade

Zack Saayman ·

Ek het een GROOT liefde vir diere, God het hul vir n rede geskep. Ek het so paar jaar terug SNAKE MANIACS begin wat staan vir Reptiel Konservasie, ek leer mense meer oor slange en als en help ook ons Provinsiale Hosp uit hier in Groblersdal met slang byt noodgevalle… maar geboeg daaroor, in die eerste plek het die arme wors hond dit nie verdien om so gemartel te word nie, dis nou net weer een DRONK persoon oor nuwe jaar wat so besope was wat nie kon reguit dink oor wat hy besig is om te doen nie – hy het seker gedink dis een masiewe GRAP ( Tjomma kom ek sleep jou so agter n bakkie en kyk hoe voel jy na so paar kilometer, JYS N VERSKONING VAN N MENS). DEk dink on SADP moet die nommer plaat neem en opvolg oor wie die WREDE man is en hom aankla op die wette van diere mis handeling, ek sal ook love om die foto te laat stuur na die AACL – Anti Animal Cruelty League van RSA, asook die SPCSA en n voorbeeld van die man maak…. Mense dis tyd dat DIERE REGTE uitegvoer word in die land, ons diere word vermoor elke dag… Wees trots om n kind van God te wees en staan op vir sy skepping, n dier kanie na n Polisie stasie stap en se hy word mishandel of gemartel nie, WEES JY DIE STEM VIR DIE DIER… Begin aksie neem teen mense wat diere mishandel….

Ek hoop die man word gevonnis en nie net gelos nie….

Amanda Swanepoel ·

Ek is so ontsteld. As ek die bokslagter an die hande kry maak ek hom aan die bakkie vas en sleep hom en sit dan suur in sy wonde. Hy is ‘n pateet en ek hoop hom net krisisse voor in sy sy lewe.

Ria j v Rensburg ·

Skokkend defnitief groot skroef los in sy kop< moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he !!!!!!!

Erika ·

Bind hierdie rubbish se hande agter sy rug vas, baie kort stuk draad om sy nek en tow-bar, GOOI ROOI MIERE VOOR BY SY BROEK IN, sleep hom teen hoë spoed, moerse stuk pad, deur hobbels, deur glasstukke, deur dorings. Laat die rubbish ly.

D Fourie ·

Bring daai rubbish vir my ek sal sy sake vir hom werk, dis ‘n mens wat niks mooi in die lewe sien
behalwe sy vieslike gesig as hy in die spieel kyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.