Skokfoto’s: Suikersiektelyer vir weke sonder antibiotika na been-amputasie

Wessel Visagie. Foto’s: verskaf

Wessel Visagie, ʼn suikersiektelyer wie se been op 25 Januarie in die Middelburg provinsiale hospitaal geamputeer moes word as gevolg van gangreen, is in erge pyn in die hospitaal. Hy het glo drie weke gelde laas antibiotika ontvang ná sy operasie en kry glo slegs Panado’s vir die pyn, maar selfs dit word nie eens op ʼn gereelde grondslag gegee nie.

Volgens ʼn familievriend van Visagie is sy steke sewe dae na sy operasie verwyder. Sedert die steke verwyder is, het die wond begin septies word.

Visagie is verlede week Dinsdag, 5 Maart weer in die teater opgeneem waar hy vir die infeksie behandel is. Die pas afgelope Maandag, 11 Maart is die wond wéér oopgemaak, maar sy geneesheer is steeds nie tevrede nie en het weer antibiotika voorgeskryf.

Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, het aan Maroela Media gesê hy het al menige lykskouings in sy lewe gesien, maar die foto’s (onderaan die berig) was vir hom baie erg om te aanskou. “AfriForum gaan die saak beslis verder ondersoek. Ons wag nog vir inligting en gaan dit dan by die mediese raad asook die Mpumalanga-gesondheidsdepartement aanmeld, want dit is ʼn saak van growwe nalatigheid,” het Kelder gesê.

Maroela Media wag vir terugvoer van die hospitaal, asook die provinsie se gesondheidsdepartement.





ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marlene ·

Hoe vinniger die Boer weer aan bewind kom hoe beter.Die dinge sou nooit in die beter OU apartheids S.A. gebeur het nie. Die gene wat hier betrokke was met behandeling behoort van poging tot moord aangekla te word alternatiewelik “aanranding” met die doel om ernstig te beseer. As kundiges hier gewerk het sou so iets nie gebeur het nie, maar nee die sogenaamde reenboog nasie moet mos verenig.Se gat man. Laat die witman homself regeer dan behaal ons sukses op alle gebiede

Soekie ·

Dis weereens n bewys van provinsiale hospitale, hul personeel en dokters wat nie n snars omgee vir pasiente se gesondheid nie. Skokkend!!!!

Gawie Botha ·

Oorlog en veldslae,amputasies gedurende die Amerikaaanse Vryheidsoorlog en ander veldslae se hospitale eerste en twede wereld oorlog,het 100% gedoen teenoor wat in Suid Afrika in2013 in hier die “moderne” hospitale plaas vind,,,,,,,,,,,,,,,, Met die volksmoorde in Rawanda is beter amputasies gedoen,met besmette pangas,oorlewendes sonder hande arms en bene is daar om te getuig,,,,,,,,,,,baie beter as die “Staatshospitale” in Suid Afrika van kan getuig!

mina ·

mense dit is skokkend het dieselfde geval van barragwanna hosp in jhb stuur dame huis toe wat baie baie siek is dit is om van te skree elke keer moet sy terug gaan en niks gebeur iets moet aan die hosp gedoen word dit is uiters pateties hulle skep net die salarisse en sit en vet word

Fransina Kloppers ·

Dit is ‘n skande dat enige mens hierdie tipe behandeling kry!!!!! Skande!!!!!!

Tante Afrikana ·

Nee o vaderland…..ek was self ‘n verpleegster, maar het in my hele loopbaan nooit so-iets beleef nie. Skande skande skande skande !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hannelie ·

Het nog nooit so iets in my lewe gesien nie, liewe hemel!! Ek is so bly dat ek mediesefonds kan bekostig want n mens gaan versekerlik dood in staats hospitale!!

Marlene45 ·

As hulle ons nie in ons huise vermoor nie, dan doen hulle dit in die hospitale!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.