Skokfoto’s van bejaarde Boksburg-vrou se moord vrygestel

Nettie Miller Foto deur die familie aan Maroela Media verskaf

Nettie Miller Foto deur die familie aan Maroela Media verskaf

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is baie grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

Die gesin van Nettie Botha-Miller, ʼn 74-jarige vrou van Boksburg wat op 21 November wreed vermoor is, het foto’s van Botha-Miller se moordtoneel aan Maroela Media verskaf om bewustheid te skep van hoe wreed aanvalle op bejaardes is.

Die foto’s kan nou vrygestel word nadat haar moordverhoor afgehandel is. Maroela Media het Donderdag berig haar moordenaars, Avhashoni Lirumo (27), Chicco Mandlathu (27), Rodney Baloyi (25) en Balelihle Mdidimba (27), is Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof elk tot 55 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan haar moord.

Die moordenaars het met ʼn koevoet deur vier deure gebreek om by haar kamer uit te kom waar hulle haar oorval het. Botha-Miller het probeer terugbaklei, maar sy was nie sterk genoeg om hulle af te weer nie. Die bejaarde is verwurg, en met ‘n kussing versmoor. Hulle het haar ook met ‘n verlengingskoord vasgebind en haar in die gesig geslaan. Hulle het haar só hard geslaan dat haar oordromme gebars het, en daar bloed by haar ore uitgeloop het. Die mans het ook ‘n sykous in haar mond gedruk. Die mans het haar huis geplunder en verskeie items gesteel. Hulle is sowat twee weke ná haar moord in hegtenis geneem.

Regter Dimpheletse Moshidi het Donderdag tydens sy vonnisoplegging gesê dat haar moord só wreed was dat hy vir lank nie kon eet nie.

LET WEL: DIE FOTO’S ONDERAAN DIE SKAKELS IS GRAFIES VAN AARD EN MAG SENSITIEWE LESERS ONTSTEL

Lees ook:
Vier sit lank vir Boksburg-vrou se wrede moord
Botha-Miller se ‘moordenaars’ vasgetrek
Bejaarde vrou het glo terugbaklei
‘Rowers’ tart familie glo ná hulle bejaarde vermoor

Boksburg-20131128-00203 Boksburg-20131128-00201 Boksburg-20131128-00199 Boksburg-20131128-00200

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Daleen Janse v Rensburg ·

Watse monsters is daar buite in ons samelewing? Sluit hul toe en gooi die sleutel weg! Geen mens verdien om so geweldadig te sterf nie!

MATILDA ·

AS DIE SLEUTEL WEG GEGOOI WORD MOET ONS BELASTING BETALERS VIR DIE GOED SORG. HULLE MOET TOT DIE DOOD GESTENIG WORD OF GEMARTEL WORD GEE AAN HULLE WAT HULLE AAN ANDER DOEN VERNEEM HULLE VAN HULLE LEWE

Jasper ·

Net die DOODSSTRAF sal hierdie gemors 2 maal laat dink. Tronkstraf is lankal vir sekere mense nie n straf nie maar n leefwyse. Dit het ook niks met armoede en opvoeding te doen nie,

Henko ·

Hier is tans geen foto’s nie.

Ek het nie die regte woorde vir hierdie vervloektes nie.

Henko ·

Aan die familie, julle is elkeen in my gedagtes en gebede. Selfs nie die braafste man sal staande bly by aanskoue van hierdie afgryslike moord nie.

mariaan ·

Tronkstraf is nie ‘n afskrikmiddel nie!!!! Moordenaars verdien nie om te lewe nie. Die moordenaar van ‘n jong vrou in Welkom was uit op parool toe hy haar wreed vermoor het. Nou gaan hy tronk toe en sy lewe is gespaar. Die regering sal nie die doodstraf terugbring nie. Hulle laat toe dat die blankes uitgemoor word.

Linda ·

Dit is verskriklik. Kon net sowel enigeen van ons se ma’s gewees het. Ek dank die Hemelse Vader elke dag dat my ma nou by HOM is.

Henko ·

Amy, geen mens verdien om so te sterf nie, BEHALWE hierdie monsters self.

zettie engelbrecht ·

Die Bybel se tog n oog vir n oog en n tand vir n tand ons moet net di Bybel se reels volg en nie ons mens gemaakte reels

A van Staden ·

Die regter het dit mooi opgesom en as die doodstraf nog in die wetgewing was glo ek sou dit sy uitspraak gewees het . Hulle het geen gevoel nie en het gesmile in die hof en geglo hulle gaan nie tronk toe nie , met al die getuienis teen hulle vra hulle regsverteenwoordiges nog verlof om te appelleer en vir genade.

Lizl ·

ons almal lewer kommentaar en praat en praat en praat al vir 20 jaar. Gaan dit nog 20 jaar so aanhou.???????? stadig maar seker word ons uitgemoor en almal gooi ‘n dooie oor en oog. Almal se hoe vreeslik erg dit is maar almal is tog net te bly dat dit nie hulle is nie…….Is daar nie iemand met ‘n brein wat aan iets kan dink nie as daar ‘n ultimatum gestel gaan word is dit presies wat hulle wil he en dan is dit nag…….ek is bevrees die enigste oplossing gaan seker in ‘n bloedbad ontaard…… Here help ons!!!!!

peter Says ·

Ek gaan liewer nie kommentaar lewer nie, ek sal toegesluit word. GESPUIS !!!

Johan ·

Hulle kan jy uit die bos haal maar die bos sal ons nooit as te nimmer uit hulle haal nie. Kyk maar reg oor die wereld waar daar gruwel moorde is. Hoe meer korrupsie en kriminele dade hoe groter die aanstelling. Hoe kan “hulle” dan enige iets doen om hierdie barbaarse gemors wat die spoor van ‘n mens trap stop. Die vraag is wil hulle die monsters stop.

Rus in vrede tannie, ons medelye is saam met die familie.

Eleen Blaeser ·

Watter wrede onmenslike manier om aan jou einde te kom? Sulke groot lafaards!!!
Dit is n skande dat ons regering niks doen om ons teen hierdie gruweldade te beskerm
nie!!!!!!
Weet nie wat ek sou gedoen het as dit my moeder was nie.

Fanie Schoeman ·

Innige simpatie aan die familie en vriende.Hulle dag van afrekening sal kom.Dit is verseker.Geregtigheid sal geskied,dalk nie nou nie, dalk nie gou nie,maar dit sal!God Almagtig se uitspraak is nog nie gelewer nie.

Helene Greeff ·

Mense dis vreeslik wreed. Dis uit en uit van die Duiwel. Bring die doodstraf terug en ons land sal n veiliger plek wees. Hulle warrie nie want hul weet die regering sal vir hul verder sorg. Ons is nerens meer veilig nie.

Landy Blignaut ·

55 jaar is nie die moeite werd vir die barbare nie hulle moes die selfde dood gemaak word!!!!!

JD Naude ·

Weens die oorbevolking in tronke ,neem die ou bote wat uitwerking gestel is diepsee toe met die nodige voorrade. Verban die gemors daarheen sodat hulle mekaar kan uitmoor vir oorleewing nadat die voorrade op gevreet is. !

lorayne ·

Hierdie is een van die dae wat ek die Here SO vreeslik dank, dat my ou moeder aan kanker gesterf het. . . Sy het ‘n natuurlike seer gehad, nie ‘n seer wat veroorsaak is deur siek monsters nie! sy het nie die magteloosheid en die verskriklike vrees belewe nie. . . sy het stil gesterf.
Hoe kon ENIGE normale persoon hierdie tannie so verniel? Tannie Nettie was iemand se kind, iemand se suster, iemand se vrou, iemand se vriendin, iemand se ma en iemand se ouma . . . Mag die Here vir julle troos bring, mag julle weer heelword, en mag sy vir altyd in julle harte voortleef!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.