Skokkende renosterstatistiek bekendgemaak

Die jongste renosterstroop-statistiek vir 2012 is Dinsdag bekendgemaak.

Suid-Afrika het vanjaar reeds 588 renosters verloor, het die departement van omgewingsake gesê. “ʼn Totaal van 588 renosters is sedert die begin van dié jaar gestroop, en 246 mense is in hegtenis geneem,” het die departement gesê.

In 2011 is daar in totaal 448 renosters gestroop teenoor 224 stropers wat verlede jaar in hegtenis geneem is en 165 in 2010.

Volgens die jongste syfers is 39 renosters sedert die middel van November gestroop. Die Kruger Nasionale Park is die swaarste getref met 362 renosters wat hier gestroop is. Die Noordwes-, KwaZulu-Natal-, en Limpopo-provinsies het altesaam 186 renosters verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.