Skoksyfers: Meer as 100 renosters in afgelope maand gestroop

renosterhoringLS-320x225Stropers het die afgelope maand meer as 100 renosters in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak.

Bykans 800 renosters is reeds vanjaar gestroop. ʼn Totaal van 668 renosters is verlede jaar vir hul horings doodgemaak.

“Die hoeveelheid renosters wat sedert die begin van 2013 vir hul horings doodgemaak is, het tot 790 gestyg,” het die departement van omgewingsake Vrydag in ʼn verklaring gesê.

“Die sterftes het die afgelope paar jaar toenemend gestyg weens die swartmarkaanvraag in Asië. In 2007 is slegs 13 voorvalle aangemeld.”

Bewaarders het gewaarsku dat die situasie in Suid-Afrika kritiek is en dat meer renosters uitgemoor word as teen die tempo wat hulle geboorte gee, wat tot ʼn algehele afname in die bevolking sal lei.

Die Krugerwildtuin, wat aan Zimbabwe en Mosambiek grens, word die ergste geraak met 476 renosters wat sedert Januarie daar gestroop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mitz Malan ·

Ek is nou al so anusvol om van verdomde dooie renosters te lees, ek kan gil! Konsentreer eerder op die talle blankes wat uiters wreed vermoor en gemartel word. Of die onskuldige vrouens wat eenvoudig net verkrag word asof dit al doel is wat hulle op hierdie aarde het. Ag nee wat! Dis om van te kots!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.