Skokvideo-aanval: Onnies het niks gedoen nie

'n Skermskoot uit die selfoonvideo wat op sosiale media versprei is

‘n Skermskoot uit die selfoonvideo wat op sosiale media versprei is

ʼn Groep onderwysers het glo toegekyk hoe ʼn leerling van Sizimele High School in KwaZulu-Natal vermoor word sonder om in te gryp, het The Times Vrydag berig.

Bongani Nkabine (18) is dood nadat hy by die skool in Dannhauser, ʼn klein dorpie tussen Newcastle en Dundee geskop en geslaan is. ʼn Video van die voorval is regoor sosialemedia-kanale versprei.

“Sowat ses onderwysers het gesê hulle het uit die personeelkamer toegekyk. Die selfoonbeeldmateriaal wys dat hulle nie ingegryp het nie,” het maj. Bongani Ntanda, stasiebevelvoerder van Dannhauser, gesê.

Die seuns het glo oor ʼn meisie baklei.

“Wat moes hulle gedoen het?” het Muzi Mahlambi, woordvoerder vir die departement van onderwys in KwaZulu-Natal, gevra. “Wanneer assegaaie te voorskyn gebring word, wat verwag mense moes hulle doen? Al het hulle weggehardloop is daar niks daarmee verkeerd nie.”

Hy sê die onderwysers het die polisie na die toneel ontbied.

Nkabinde het kort nadat hy na ʼn plaaslike kliniek toe geneem is, aan sy beserings beswyk.

Drie seuns het in die hof verskyn op aanklag van moord.

Lees ook:
Nóg ‘n skokvideo van ‘n aanval by ‘n skool
Leerling dood ná bakleiery by skool

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Somerset (Sommie) Morkel ·

Wel, dis pateties….
Hulle kon seker meer gedoen het as om net te kyk.
Hulle kon al ses uitgestorm het en geskreeu het?
Of net geskreeu het?
As hulle bang was vir die kinders, is dit ‘n verdere indikasie van hoe laag die situasie in ons skole gedaal het onder die sosialistiese bestel wat ons het, wat toelaat dat monsters in ons skole gekweek word, o.a. omdat dissipline en gesag ondermyn word..

Wilna ·

Dis ‘n skool for goodness sake……. Hoekom is daar assegaaie in die eerste plek?

Amy ·

Hoe het die kinders in die eerte plek die skool binnegekom met wapesns (en nogal assegaaie)?

Ek neem maar aan die maatjies (leiers) by die hek help hulle, of word ook self gedreig?

Wat hier gebeur het, is weereens ‘n bewys van die wetteloosheid en bandeloosheid in ons skole.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.