Skokvideo: Agt polisiemanne vandag in hof

Agt polisiebeamptes verskyn vandag in die Daveyton-landdroshof in verband met die dood van ʼn Mosambiekse taxibestuurder wat agter ʼn polisievangwa in die Oos-Rand gesleep is.

Die twee adjudant-offisiere en ses konstabels is Vrydagmiddag in hegtenis geneem en word van moord aangekla. Mido Macia (27), die taxibestuurder, is Dinsdagaand agteraan ’n polisievangwa vasgemaak en gesleep ná ʼn onderonsie met die polisie. Hy is later in polisie-aanhouding dood. ʼn Video van die voorval is verlede week op sosiale netwerke versprei en het só ’n opskudding veroorsaak dat president Jacob Zuma en Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, daarop reageer het.

Piyega het Vrydag opdrag gegee dat alle betrokke polisielede geskors en en van hulle vuurwapens ontneem moet word. Die stasiebevelvoerder van die Daveyton-polisiekantoor is ook uit sy pos verwyder.

Sien die video hier. WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.