Skokvideo: Mans rand ouma wreed aan wat glo steel

Die video volg onderaan die berig.

ʼn Bejaarde vrou wat van winkeldiefstal verdink word, is wreed deur ʼn groep mans met ʼn hamer, gordel, toue en selfs ʼn besemstok geslaan.

Die Daily Sun het ʼn agt minutelange selfoonvideo van die aanval bekom en op YouTube gelaai. Die koerant het Dinsdag berig die mans, wat die vrou aangeval het, is veiligheidswagte.

Dit is in die stadium nie bekend in watter winkel die aanval plaasgevind het nie, dit is wel bekend dat die voorval in ʼn winkel in Jane Furse in Limpopo plaasgevind het. Die video wys hoe die vrou verskeie kere geslaan, geskop en ook verwurg word. Die wagte het haar ook op haar geslagsdele geslaan.

Die vrou, wie se identiteit nie bekend is nie, is glo daarvan beskuldig dat sy ʼn pakkie onderklere gesteel het. Die mense in die video praat almal sePedi. Die slagoffer beweer sy het vir die ‘gesteelde’ items betaal en smeek om haar lewe.

Al vyf persone is intussen verlede week in hegtenis geneem. Twee van die vyf mense wat van die aanranding op ‘n vrou aangekla word en die voorval afgeneem het, is Dinsdag op borgtog in die Nebo-landdroshof vrygelaat. Klik hier om meer te lees.

WAARSKUWING: Die video is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

http://youtu.be/05cM69jfvTM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SANETTE HENNING ·

Wie gee hul die reg om reg in eie hande te neem. Dit is mos net n oproep en plisie arresteer haar, maar nee geweld is mos die antwoord vir alles. Suid Afrika is siek !!!!!!!!!!!!

Bea ·

Hierdie soort aksie of sal mens se reaksie moet stop. Hulle neem die gereg in hulle eie hande waar en wanneer hulle lus voel. Dan nog ‘n video daarvan te publiseer wys hoe onnosel hulle is.

Ek voel jammer vir die ou dame wat so mishandel is en ek hoop van harte die misdadigers sal vervolg word!

Hennie Breed ·

Wat n nasie ,geen gevoel,die totale Afrika. Kyk wat doen ons polisie .Daar is geen hoop nie.

Tante Afrikana ·

Dis siek siek siek siek !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!Al het sy gesteel, is die nie nodig om haar so te verinneweer nie, daar is ander maniere om so ‘n saak te hanteer. Arme ou vrou, so VERNEDER……..

lehandra ·

ek weet nie wat is erger nie!!! die feit dat hulle n ou vrou so slaan en rond ruk oor n pakkie broekies. of dat daar mense is wat plesier daar uit kry om sulke goed af te neem….. vir wat? en dan is daar n ander vrou wat lag in die agtergrond!!!
dis belaglik hoe siek ons land geword het!!!!

Vallerie ·

Mag die Heer Sy toorn oor die vervloekste mans laat!! Dis vieslik, dis sulke dinge wat vandag se mense gereg in hulle eie hande laat neem!! Ons land is wragtig besig om sy alie te sien, want wat gaan die aanranders oorkom????

Alet Oosthuizen ·

Stuur die video na ons agbare aan die slaap w#tterse kabinet ministers. wonder hoe sal hulle voel as dit met hulle ma gebeur en ek wonder wie se skuld is dit dat sy iets gesteel het,met ‘n regering wat korrup skelm en donders dom is, en geld op stront spandeer maar nie na sy volgelinge kyk nie, wat besig is om dood te gaan van die honger en elende,wat kan jy verwag, Word wakker!!! julle het ‘n klomp onopgevoede boewe geteel wat nie eers self respek het vir hulle self nie, want jy kan hulle omkoop met ‘n blikkie coke,mag gegee in ons land om ORDE te handhaaf, halllooo julle kan nie eers selfdisippline op julle self toepas nie Suid Afrika is absoluut VROT VAN SY KOP AF TOT 6 DUIM BOKANT SY ENKELS en daai 6duim stukkie voet en onderbeen moet die vrotspul aan die gang hou!!

Tanya ·

Solank hulle ons wit oumense uitlos, WAT NIKS STEEL NIE, en net op hul plase erger as diere vermoorword. DAN is ek nie gepla oor die ou dame wat steel nie. Die Byble leer ons dat as jy steel, moet jou hande afgekap word…

Sy het gesteel, dis nie reg dat hulle haar verniel nie….Maar solank hulle dan hulle eie nasie verniel, los hulle ons ou Boere tannies en oomies uit. (My ouers is self op die plaas) Ek vrees hulle lewens elke dag…WANT JA….SUID-AFRICA IS N SIEK SIEK LAND…

Eloise Cloete ·

Sies Tanya. Dis so houding wat ons in die moeilikheid beland. ‘n mens is ‘n mens en ek voel niemand verdien die nie. My hart breek vir die ou vrou. Sit jouself in daai posisie…….

LILLY DE BEER ·

Dis ‘n klomp siek donners, geen gevoel vir niemand, hoop iemand mors met hulle eendag so, ek hoop iemand martel hulle dat daar niks van hulle oorbly nie.

william ·

Wat kan n mens anders verwag. Hoekom het hulle haar nie aangekla by die polisie nie? Waar is die sogenaamde wigte en teenwigte? In Afrika is n grondwet net n stuk papier. Ons as blankes soek onafhanklikheid. Niks minder nie.

M Seegers ·

Hierdie is nog ‘n mak geval…..in ons geweste moes ek telkemale magteloos staan en toekyk hoe iemand wreed aangeval word. Barbaars verby! Eers probeer mens keer maar die magte is te veel en totaal onbeheersd en die Polisie vat hul tyd asof hulle nie omgee en dalk hoop dis verby as hul hul opwagting maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.