Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem

Foto van die ongeluk

Foto van die ongeluk

WAARSKUWING: Die video mag sensitiewe lesers ontstel.

Die video volg ná die skakels onderaan die berig. eNCA het ʼn video bekom van die gru-ongeluk wat Donderdagaand in Pinetown, KwaZulu-Natal, plaasgevind het. Altesaam 22 mense is dood en talle beseer toe ʼn swaarvoertuig in vier volgelaaide minibustaxi’s en ʼn voertuig ingejaag het. eNCA het die video op YouTube gelaai. Rock Solid Industries het die video aan die nuuskanaal verskaf.

‘n Video wat uit die lug geneem is van die ongeluk is hier beskikbaar.

Lees ook:
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Skokvideo: Pinetown gru-trokongeluk afgeneem
Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jasper ·

Drywer kla oor remme, maar hy hou sy lyf Jody Sheckter. Ek wou nog kyk toe is dit veby. Wat my koffie se moer omroer, is dat dit met enige van ons kon gebeur het. Moet nie eers n groen lig vertrou nie.

JAVR ·

Goeie genade, ek het nou net die ding op U tube gesien en ek kan julle sê daai trok drywer het nie eens probeer briek nie!!!!! Hy wou die lig oorgaan na dit rooi geslaan het want hy het dit onderskat! Die helsem! Ek hoop die familielede van daai taxi’s kry hom onder hande! Sjoe dis verskriklik!

Mense lekker naweek. Sien julle weer Maandag!

Jasper ·

My kommentaar op hierdie berig is verwyder. Na my kennis het ek niemand te na gekom of enige vuil taal gebruik nie. Elders op hierdie forum word baie erger dinge toegelaat . Ek maak ernsig beswaar.

Bartel Pieterse ·

Tyd dat die regering iets begin doen aan die swaarvoertuie en busse op ons paaie!!!!!

maggie ·

Ek bly langs die N12 hoofroete van Jhb na Kaapstad, honderde trokke ry daagliks deur die dorp, die spoed wat hulle handhaaf is om van bang te word, maar hulle sit hoog in hulle kajuite en kom nie veel oor as hulle die karre en taxi’s tref nie…so wat sal hulle worry

vuurvreter ·

Ag ou Jasper jy het seker maar die spyker oo. Sy kop geslaan. Dis hoekom jou kommentaar afgehaal is. Lekker naweek.

Johan Swanepoel ·

Dis erg SAD!!! MAAR almal maak kommentaar oor die bestuurder van die lorrie wat nie eens probeer stop het nie … wie van ons ken Pinetown, of daai spesifieke robot?? Met net ‘n klein afdraande het n lorrie wat remme verloog groot probleme …toe my pa my leer bestuur het, het ek geleer om selfs by n groen robot te kyk … en nie net die ligte dop te hou en dan te jaag nie!!! Ek is Jammer maar ek is al so gekondisioneer dat al staan n Taxi alleen in die parkeer area van n gebou, en die gebou tuimel agv n aardbewing inmekaar …dan is dit die Taxi se skuld !!! Taxi drywers is maar net volgens my cowboys ….

Freek Vermaak ·

Hi Johan, ek werk in Pinetown en jy kan my glo as ek se daai was n “run-away” trok!!! Die drywer TE jonk om so n trok te bestuur en a.g.daarvan nie genoeg ondervinding nie!! Hy het nie die verkeerslig ge”skip” nie, remme het gefaal heelwat verder terug op die M13 waar hy alreeds 2 ander karre in sy pad “uit die pad gery het”, toe aan die onderpunt van Fields Hill die afrit gevat het en nou ja, die res is tragiese “history”!!! Daai trok se diens rekords moet behoorlik en forensies ondersoek word. Drywer kan nie, soos dit voorkom, alleen die skuld dra nie!

Leon ·

Dis maklik om te oordeel.

Ons almal maak foute, en agter die stuur kan ’n geringe foutjie — soos om jou selfoon te gebruik — tot tragiese gevolge lei.

Baie wat oor dié gruongeluk lees, het self al minstens een keer ’n rooi robot of stopteken veronagsaam — met die geluk aan hul kant.

Ek is een van diesulkes en plaas my telkens in die skoene van die bestuurder, wat ’n ontsaglike hel moet belewe.

Die sub judice-reël geld lankal nie meer nie (dis eintlik net vir beïnvloedbare juries bedoel) maar ’n mens kan gerus in elk geval jou oordeel opskort tot nadat die regter sy oordeel gevel het.

Dis lankal my mening dat motoriste aan taaier toetse onderwerp word as vlieëniers voordat hulle ’n rybewys kry.

— Leon

Leon ·

Jasper, ek weet nie wat jy geskryf het nie, maar ons Grondwet waarsku ook teen haatspraak.

So, as jy veralgemene aanmerkings gemaak het oor ander rasse, oor vragmotorbestuurders of oor wat ook al as haatspraak beskou kan word, kan dit jou en die publiseerder in die pekel laat beland.

Dan moet jy liewer dankie sê.

— Leon

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.