Skokvideo: Polisieman aangekla

ʼn Polisiebeampte gaan aangekla word nadat hy op kringtelevisie vasgelê is terwyl hy ʼn vrou slaan en skop.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die direkteur van openbare vervolging in die Vrystaat het besluit dat ao. Ernest Maratshane van aanranding aangekla moet word. Maratshane sal op 4 Julie in die Smithfield-landdroshof verskyn op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die aanklagte kom nadat kringtelevisiebeeldmateriaal, wat deur die eNCA-televisiekanaal uitgesaai is, wys hoe Maratshane die vrou só hard by ‘n vulstasie slaan dat sy op die vloer val. Die aanranding van die vrou is op 5 April net ná 21:00 verfilm by ʼn vulstasie in Smithfield. Twee beamptes in uniform is ook op die toneel, en hulle wend ‘n flou poging aan om hul kollega te keer, en wend geen poging aan om die vrou in enige stadium te help nie. Die man slaan die vrou weer, jaag haar en skop haar. Terwyl die vrou op die grond lê, trap die man weer op haar kop. Die twee beamptes in uniform laat die man toe om die toneel te verlaat sonder om hom in hegtenis te neem.

Waarskuwing: Die beeldmateriaal kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

adrian ·

Ja en dan is ons wit mans die skuldiges wat vrouens slaan.. Pffff asb!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.