Skokvideo: Polisieman aangekla

Suid-Afrika se polisiediens is Vrydag in ‘n nuwe skandaal gedompel nadat beeldmateriaal vrygestel is van ‘n beampte, wat nie aan diens was nie, wat ‘n vrou slaan en skop.

Die kringtelevisiebeeldmaterikaal, wat deur die eNCA-televisiekanaal uitgesaai is, wys hoe die man die vrou só hard by ‘n vulstasie slaan dat sy op die vloer val. Twee beamptes in uniform is ook op die toneel, en hulle wend ‘n flou poging aan om hul kollega te keer, en wend geen poging aan om die vrou in enige stadium te help nie. Die man slaan die vrou weer, jaag haar en skop haar. Terwyl die vrou op die grond lê, trap die man weer op haar kop.

Die twee beamptes in uniform laat die man toe om die toneel te verlaat sonder om hom in hegtenis te neem.

Die aanranding van die vrou is op 5 April net ná 21:00 verfilm. Die man is uitgeken as ‘n adjudant-offisier by die polisiestasie in Smithfield, ‘n klein dorpie in die Vrystaat.

“Ons ondersoek die voorval,” het Moses Dlamini, woordvoerder vir die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), gesê. Dit is die jongste voorval van polisie-brutaliteit wat op film vasgevang is.

Beeldmateriaal het in Februarie aan die lig gekom van ‘n Mosambiekse taxibestuurder wat agter aan ‘n polisievangwa gesleep is. Hy is later in polisie-aanhouding oorlede. Polisiebeamptes het verlede jaar 34 stakende mynwerkers by Marikana in Noordwes doodgeskiet waarvan sommige ook op film vasgelê is.

Waarskuwing: Die beeldmateriaal kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

ja reg, dit het al baie in middelburg gebeur dar die polisie di publiek aanrand. di gud is buite beheer. hulle mut dit met my dun, ek sal hulle gn uithaal na di tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.